JOIN OUR MAILING LIST


Ons land het seker van die hoogste egskeidingssyfers in die wreld, deels omdat dit so maklik is om te skei en dit nie meer ?n skande is nie.

Baie huwelike misluk a.g.v. sigbare tekens soos derdepartye, prestasiegedrewenheid ?prestige?, verwaandheid, werkloosheid, selfbejammering, minderwaardigheid, swak kommunikasie, alkohol, dwelms ens.

Hierdie sigbare tekens het hulle oorsprong egter uit slegte ervarings uit hul huwelik, vorige huwelike, ander verhoudings, kinderjare, huislike omstandighede of werksomstandighede.

Bogenoemde veroorsaak weer dat persone verwerping, emosionele seer, bitterheid, gebrekkige selfbeeld of byvoorbeeld depressie ondervind.

Mense wat skei dra hierdie bagasie dan met hulle saam en vergroot die probleem wat aanleiding gee dat die grootste deel van 2de huwelike ook misluk.

Ons wil graag  ?n pad saam met jou loop om by die werklike oorsaak van die probleem uit te kom.  Dan wil ons deur middel van die Heilige Gees jou help om ?n Geesvervulde lewe saam met die Here en jou eggenoot te geniet.

Ons kan jou help deur middel van e-pos of ?n persoonlike afspraak.

Alle inligting sal as streng vertroulik hanteer word.

 



 
Terug Terug na bo