JOIN OUR MAILING LIST


AGTERGROND

Gratis berading word gedoen deur Thinus & Hermien Coetzee. 

Ons het op 'n stadium in ons lewens deur 'n baie slegte tyd in ons Huwelik en lewe gegaan waar verskeie negatiewe faktore betrokke was.

Ons het verskeie beraders en instansies besoek waarna ons probleme net voortgeduur het.

 Na 'n lewensverrykingseminaar waar ons die Here werklik aangeneem en probleme in ons kinderjare aangespreek is, het ons situasie hand-om-keer verander.

 

Ek wil dit net beklemtoon dat beide van ons godsdienstig groot geword het en waar ek (Thinus) meeste van die tyd as diaken en ouderling in die kerk opgetree het, was ons nie werklik in 'n verhouding met die Here nie.


Na ons ervaring het ons verskeie kursusse bygewoon, studies gedoen en heelwat inligting ingewin om ons toe te rus.  

 

Om ons Dankbaarheid vir die Here te wys, het ons besluit om gratis berading aan mense aan te bied om deur die Heilige Gees hulle te help met hulle probleme en ook te lei tot 'n werklike verhouding met die Here!

 

 



Terug Terug na bo